static-header

Hi Lizelle

just honeymoons olivier honeymoon seychelles1Dit was baie lekker gewees. Die enigste slegte gedeelte van die honeymoon was toe ons moes terug kom... Albei oorde was besonders gewees. By Constance Ephelia kon ons maklik op Mahe rondtoer deur 'n cab te huur vir die dag waar die drywer ons rondry en al die interessante plekke op Mahe wys. Ons kon self per voet gaan stap buite die resort en nuwe plekke ontdek. Dit was 'n baie lekker oord gewees met uitstekende diens en die ontbyt en aandete buffets wat ingesluit is was baie lekker. Die enigste negatiewe ding is dat om iets te drink by die restaurant is vrek duur met 'n Coke hier by R70 en 'n iced tea vir R170, dan praat ons nie eers van die koste van 'n cocktail nie... Dit was by altwee resorts so duur gewees. So ons het nooit nie cash bar in ons kamer gebruik nie, dit was net te duur. Ons het oorkant die pad gestap en al ons drinkgoed gekoop vir 4 keer goedkoper as die oord se pryse.

As ons moet kies sou ons se Saint Anne was die beste van die 2 oorde gewees. Dit is meer ruim en meer privaat, veral omdat ons ons eie klein erfie en swembad gehad het. Die buffet restaurant waar ons 3 maal 'n dag kon eet was ook beter uiteengesit met die groot swembad regs langs dit. Die kelners se diens was ook beter daar. Dit was lekker gewees om op die oord se strande te loop en om die aktiwiteite te doen wat verniet was, soos bv. om op 'n boot uit te gaan en te gaan snorkel en op die see te gaan kayak. Die spa was ook baie lekker gewees by albei oorde.

Die 1 voorstel was ek kan gee wat dit beter, of meer gerieflik sou maak is om slegs 1 reis agentskap te gebruik. Aangesien ons by Creole en Masons was, moes ons met albei se verteenwoordigers by die oorde reel en reis tye bevestig. Dit sou makliker gewees het as ons alles by 1 agentskap kon gehad het.

Algeheel was daar geen probleme gewees nie en ons het dit vreeslik baie geniet. Ek dink nie ons kon 'n beter honeymoon gehad het as by Seychelles nie. Baie dankie vir die pakket wat jy vir ons gereel het.

Sien aangeheg 'n paar highlights van ons honeymoon.

just honeymoons olivier honeymoon seychelles2 just honeymoons olivier honeymoon seychelles3

Vriendelike groete

Waldo

Testimonials

Seychelles, Saint Anne Resort,15 July 2016

Hi Lizelle Dit was baie lekker gewees. Die enigste slegte gedeelte van die honeymoon was toe ons moes terug kom... Albei oorde was besonders gewees. By Constance Ephelia kon ons maklik op ...
More

Mauritius, Le Cannonier, 7 Mar 2016

Hi Lizelle Baie dankie vir alles. Alles was fantasties en Le Canonnier was awesome!Waardeer al die moeite en sal more terug gaan as ek kan:) Gerhard Botha
More

Seychelles, Saint Anne Resort, Mar 2016

Hi Lizelle, We had a great time ! Very well organized, staff were friendly and travel arrangements went smoothly. St Anne Island is unbelievable !... we enjoyed every moment. Thanks for ...
More

Mauritius, Le Canonnier, Nov 2015

    Hi Lizelle, Baie dankie. Ons het die wittebrood baie geniet by Le Canonnier in Mauritius, daar was geen probleem met die verblyf of reisreelings nie. Ons enigste slegte ...
More

Scan the QR Code

beachtravel-qrcode

Quick Contact

On-line Consultant: Edwina Fletcher

info@beachtravel.co.za

0861 WEBTOURS

+27 (0)31 539 4311

+27 (0)866 516 427

+27 (0)83 325 0070

 

  

  

  

  

 

Visit our other travel sites

Webtours-sml-100  Just-honey-sml-100  Club-Ski-sml-100

Didn't find what you were looking for?
 Give us a call

+27 31 539 4311

OR

Drop us a quick email

 We'll find you a honeymoon destination
that will make your dreams come true!

 Or chat to us if we are online